Security Forum

A resource exchange for security villages in Pretoria

 
 

Straatsluiting - Hoe Doen Ons Dit?

Straatsluitings werk regtig !! Vra gerus vir inwoners in woonbuurte wat hulself op hierdie wyse beveilig het.

In Eldoraigne X3 speel kinders saans weer in die strate en in Faerie Glen X6 word weer op die sypaadjies tuin gemaak!

Straatsluitings wat volgens die korrekte prosedures deur die Tshwane Metro goedgekeur en professioneel bestuur word bied verseker beter sekuriteit en gemoedsrus aan inwoners. Alhoewel niemand verhoed word om ‘n gebied te betree nie mag diesulke persone se identiteit en besonderhede afgeneem word en derhalwe word verseker dat hulle nie by misdaad betrokke raak in die woongebied nie.

Eiendomsagente wys daarop dat persele in sulke gebiede beslis in waarde toeneem en eienaars kan ook aansoek doen vir verlaagde korttermyn versekerings premies. Verder meer kan kollektief beding word vir goeie wagte en reaksie dienste.

Inwoners en inwoner kommittees wat belangstel om hulle buurt wettig en professioneel te laat sluit word uitgenooi om op Saterdag oggend, 12de Oktober 2002 te NG Kerk, Garsfontein Park, Floris straat ‘n uitstalling en voorlegging in die verband by te woon. Alle sekuriteitstoerusting wat in woonbuurte benodig mag word, bv valhekke, skuifhekke, waghuise, afstandbeheertoestelle, besoekerskaarte elektrifisering wagte en reaksie-dienste deur bekende maatskappye sal gedemonstreer word. Daar sal ook ‘n voorlegging deur die SA Polisie Diens, Tshwane Metro, Stadsbeplanners en Verkeersingenieurs wees ten opsigte van vereistes prosedures, 'lesse geleer' en dies meer. Daarna sal ‘n begeleide besoek aan die straatsluitings in Faerie Glen en Wapadrand gebring word.

Hierdie uitstalling en voorlegging bied inwoners ‘n ideale geleentheid om alles wat u moet weet om u strate wettig en professioneel te beveilig te wete te kom.

Vir meer besonderhede skakel Ina: 012-348-2607 of Jan 082-784-0807.
 

 
  Terug na Sekuriteitsforum-tuisblad  

offers free web hosting under the qwerty.co.za domain to all security villages in the Pretoria area. (Certain conditions apply.)

Contact Helga Nordhoff for more details.


© 2002 Helga Nordhoff
- for all your computer needs

Last updated: 7 October 2002